Home » Die Griekwastad Moorde: Die Misdaad Wat Suid-Afrika Geruk Het by Jacques Steenkamp
Die Griekwastad Moorde: Die Misdaad Wat Suid-Afrika Geruk Het Jacques Steenkamp

Die Griekwastad Moorde: Die Misdaad Wat Suid-Afrika Geruk Het

Jacques Steenkamp

Published
ISBN : 9781770225633
ebook
288 pages
Enter the sum

 About the Book 

Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort na skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie totMoreDie vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort na skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nog n plaasaanval was, is n sestienjarige maande later vir die moorde gearresteer. Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het ...